E jansen Decor & decorations

E jansen Decor & decorations E/Jansen decor & draiping


WhatsApp:078 240 4876


Jeremiah 29:11🙏

geen stoelgeen ballonegeen koekstand
28/03/2026

geen stoel
geen ballone
geen koekstand

Ons doen 'n oproep aan ons gemeenskap! Ons wil graag kinders help wat minder bevoorreg is, maar ons kan dit nie sonder u...
13/03/2026

Ons doen 'n oproep aan
ons gemeenskap! Ons wil
graag kinders help wat minder
bevoorreg is, maar ons kan dit nie sonder u hulp doen nie
ons vra sag en nederug vir u hulp .
as u dalk klere het wat
u kind nie meer dra of wat selfs klein is,
aan ons skenk.Ons sal
dit regtig waardeer. dit mag dalk min
vir u beteken maar vir iemand
daar buite sal dit baie beteken iemand daar buite
sal weer glimlag van vreugde
Dis nie
'n post om gesien te word nie,
want iewers daar buite het iemand
die klere regtig nodig.
Ons sal ook geen foto's neem
van hoe ons klere oorhandig nie,
want die een hand hoef nie te
weet wat die ander hand doen nie.
die oomblik wanneer ons foto's
neem van dit wat ons doen, het
onse Here jesus al reeds ons seëninge weg geneem.
size
3 tot 4 jaar meisie
5 tot 6 jaar seun
7 tot 8 jaar meisie
13 tot 14 meisie

Om die klere af te lewer,
kontak /Wapp ons gerus by 078 240 4876.

Matteus 19:14, waar Jesus sê:
Laat die kindertjies
toe om na My te kom,
en moenie
hulle verhinder nie,
want aan sulke behoort
die koninkryk
van die hemel.😊

13/03/2026
 jansen decor and draping    Elem kerk late Valentine's Backdrop   7/3/2026Mag hierdie mooi aand ñ groot sukses weesvir ...
07/03/2026

jansen decor and draping

Elem kerk late Valentine's Backdrop

7/3/2026

Mag hierdie mooi aand ñ groot sukses wees

vir navrae of bookings kan u hulle ons kontak by

0782404876

E jansen Decor & decorations7 Maart 2026Mag Lorna se siel in vrede rus 😔.ek weet hoe baie julle haar gaan mis, veral as ...
07/03/2026

E jansen Decor & decorations

7 Maart 2026

Mag Lorna se siel in vrede rus 😔.ek weet hoe baie julle haar gaan mis, veral as julle stil gaan sit en diep d**k aan al die mooi jare wat julle bymekaar was, hoe julle saam gelag en gehuil het... en nou is sy weg, vir ewig 🙏. Ek kan nie voorstel hoe swaar dit moet wees nie, maar ek wil hê julle moet weet dat julle nie alleen is nie.

'n Vers uit die Bybel wat ek wil deel as 'n bemoediging is 2 Korintiërs 1:3-4: "Geseënd is die God en Vader van ons Here Jesus Christus, die Vader van medelye en die God van alle trooste, wat ons troos in al ons lyding, sodat ons ook die wat in allerhande lyding is, kán troos met die troos waarmee ons self deur God getroos word.

Alles sterkte aan die Familie

ietsie klein vir  Luna girl            Happy!
26/02/2026

ietsie klein vir Luna girl

Happy!

E jansen Decor & decorations       waar kom die liefde Decor & draiping vanaf?Ek onthou alles was 'n droom op die ouderd...
26/02/2026

E jansen Decor & decorations

waar kom die liefde Decor & draiping vanaf?

Ek onthou alles was 'n droom op die ouderdom van 9-10, waar ek en (Tiaan/Connie/Reney/Bianca) en nog 'n klomp kinders Troue-Troues of birthday partytjies gespeel het met 'n passie wat net kinders kan hê! Ek onthou ek en Tiaan se afdeling was om die plek te transformeer in 'n wonderwêreld, en Connie-hulle het die koek van modder gemaak met 'n kreatiwiteit van blomme

Ons tafels was gemaak van kratte en plank, met suurlemoen-lemoene en naartjies het ons soet en sout happies gemaak.En die slaai? Groen bossies met lemoen- en suurlemoen-skyffies in wat ons almal laat giggel het!

Ek onthou elke persoon het 'n b***t gekry om te trou of te verjaar, maar ek het nooit ingestem nie, want ek was te besig om die perfekte atmosfeer te skep. Ek het gehelp met kos- en koffie maak, en ons koffie was 'n spesiale resep: 'n blikkie met water en 'n skop grond om dit daardie spesiale bruin kleur te gee (en dan moet jy nou voorgee dis warm en lekker, lmklaa!).

Op die ouderdom van 18 -2022 het ek my droom 'n werklikheid gemaak vanaf die grond af, en begin my besigheid met 'n vuur in my hart. My eerste geb***tenis was 'n matriek afskeid, en dit was 'n sukses wat my laat besef het dat ek op die regte pad is. Nou doen ek begrafnisse met liefde en omgee, want elke persoon verdien 'n mooi totsiens.

Met die liefde uit my hart wil ek aan Patensie en Hankey mense sê dankie dat julle in my geglo het. Julle het my die krag gegee om voort te gaan, selfs wanneer dit moeilik was.Draiping laat my kalm voel. wanneer ek soms af voel loop ek ñ draai en skep prentjies in my gedagte van hoe ek sal maak met lap al is dit net om my te kalmeer

Om draiping en decor te doen is nie net vir my draiping en decor nie. maar dis soos stof en bloed wat vloei deur my are wat my die lus vir die lewe gee

vandag kan ek met trots sê dat ek en my span van 5 mense (2 tot 10 )geb***tenisse in een dag sal kan doen, want span werk is die beste as ons almal saam werk

ondou jou drome wanneer dit goed en sleg gaan, ek hoop my klein boodskapie kan iemand daar buite aanmoedig om aan te hou droom.ek weet my besigheid is nie groot nie en dis nog nie waar ek dit wil hê nie maar dit is wel ñ begin. want waar daar ñ wil is , is daar ñ weg

2026 sien ons kans om meer dinge aan te pak, en ons is reg vir julle! Birthday pieknieks, troues, skool partytjies en vele meer- ons sal elke oomblik met liefde en omgee aanpak.
_________________________
As alles vir jou donker en onmoontlik lyk, onthou Psalme 23.
_____________________________
As alles lyk of dit nie uitwerk nie,
onthou Jeremia 29:11. _____________________________
As dit swaar en moeilik word en jy wil opgee op jou drome onthou hoekom jy in die eerste plek begin het. Jy is sterker as wat jy d**k! 💪

Groete.Ettiene janse

Shout out to my newest followers! Excited to have you onboard! Bhut'Sbonokuhle Mabele, Nettie Stafane, Kaydene Denique M...
24/02/2026

Shout out to my newest followers! Excited to have you onboard! Bhut'Sbonokuhle Mabele, Nettie Stafane, Kaydene Denique McCabe, Patricia Slabbert, Elsabe Courtney, Asanda Ngcayisa, Micheal Luzukho Williams, Ellen Ellen, Taniia James, Bentin Jaftha, Bianca Kok

E jansen Decor & decorationsmooi en geseënde 21st birthday aan CJ Saysaar mag die Here jesus hom seën en saam hom wees i...
01/11/2025

E jansen Decor & decorations

mooi en geseënde 21st birthday aan CJ Saysaar mag die Here jesus hom seën en saam hom wees in alles wat hy sal doen en bereik in die lewe

Address

Patensie
Port Elizabeth

Opening Hours

Monday 08:00 - 19:00
Tuesday 08:00 - 19:00
Wednesday 08:00 - 19:00
Thursday 09:00 - 19:00
Friday 08:00 - 19:00
Saturday 10:00 - 19:00
Sunday 12:00 - 19:00

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when E jansen Decor & decorations posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share