Meat24Vleis

Meat24Vleis Your all-in-one 24/7 convenience store, deli, butchery, meat processor and petrol station.

Bederf jouself of jou gaste vir die lang naweek met die lekkerste oepsie wors. Wat is beter as om jou naweek se braai me...
17/04/2025

Bederf jouself of jou gaste vir die lang naweek met die lekkerste oepsie wors. Wat is beter as om jou naweek se braai met ietsie anders te begin, gooi die worsie op die kole, en bedien dit sommer as ’n voorgereg. Glo my jy gaan nie kan wag tot die hoofgereg om die worsies te verslind nie.

Beskikbaar by Meat24Vleis binne die Engen Garage in Heidelberg.

Die wors bestaan uit 50% te lekker om op te hou eet en 50% ek moet dit weer koop. Daar is niks beter as ’n smaaklike en ...
17/04/2025

Die wors bestaan uit 50% te lekker om op te hou eet en 50% ek moet dit weer koop. Daar is niks beter as ’n smaaklike en sappige stuk wors wat van die kole af kom nie. Wat dit nog beter maak is Meat24Vleis kan jou waarborg van kwaliteit vars vleis, elke dag vir 24 uur beskikbaar.

Met die kombinasie van 50% bees en 50% vark, en die lekkerste spesery mengsel, gaan die wors sappig, smaaklik en defnintief die moeite werd wees!

Kom maak ‘n draai binne die Engen garage in Heidelberg, om jou wors te koop vir die lang naweek.

Meat24Vleis se produkte sal reg deur die lang naweek op die rakke beskikbaar wees vir jou want ons vleis is 24/7 vir jou beskikbaar!

RESEP VAN DIE MAAND!Lekker KOOK KOS!Bederf jou familie met die lekkerste pampoenkoekies saam gekookte skaap skenkels.Pro...
16/04/2025

RESEP VAN DIE MAAND!

Lekker KOOK KOS!

Bederf jou familie met die lekkerste pampoenkoekies saam gekookte skaap skenkels.

Probeer die wenresep vir pampoenkoekies met karamel stroop.

Bestanddele:
2k Fyn gaar pampoen
2k Meel
2 Eiers
4t Bakpoeier

Stroop:
2k Suiker
1e Botter
3t Maizena
1k Water
1k Melk
Sout

Metode:
1. Roer eiers in pampoen
2. Sif die droë bestanddele in pampoen en meng goed.
3. Bak lepelsvol in olie.

Vir die stroop:
1. Kook alles saam tot verdik.
2. Gooi oor die pampoenkoekies.

RESEP VAN DIE MAAND!Sout wiele:Bestanddele:1 Rol “Ready rolled puff pastry”1 Blik Tamatie en uiesmoor500ml Kaas (geraspe...
15/04/2025

RESEP VAN DIE MAAND!

Sout wiele:

Bestanddele:
1 Rol “Ready rolled puff pastry”
1 Blik Tamatie en uiesmoor
500ml Kaas (gerasper)
Maalvleis

Metode:
1. Laat die deeg by kamertemperatuur staan tot redelik sag.
2. Rol uit met koekroller, maar behou die langwerpige voorkoms.
3. Smeer die tamatie en uiesmoor oor die deeg.
4. Sit dan die maalvleis bo-op die smoormengsel.
5. Strooi die kaas bo-oor.
6. Rol dan die deeg soos ’n rolkoek op.
7. Sny dit in wiele ongeveer 1cm dik.
8. Plaas die wiele op ‘’n bakplaat.
9. Bak teen 120˚C tot gaar.

🔥🥩 Slow-Cooked Lamb Neck Perfection 🥩🔥Craving something rich and comforting? Try this Melt-in-Your-Mouth Lamb Neck Stew,...
14/03/2025

🔥🥩 Slow-Cooked Lamb Neck Perfection 🥩🔥
Craving something rich and comforting? Try this Melt-in-Your-Mouth Lamb Neck Stew, made with premium lamb neck from Meat24Vleis!

🍽 What You Need:
• 1 kg lamb neck (cut into pieces) – Get yours from Meat24Vleis!
• 2 tbsp olive oil
• 1 large onion, chopped
• 4 garlic cloves, minced
• 2 carrots, sliced
• 2 celery stalks, sliced
• 1 cup red wine (optional but delicious)
• 2 cups beef or lamb stock
• 2 sprigs fresh rosemary
• Salt and pepper to taste

🔥 How To Make It:
1. Heat oil in a heavy pot over medium-high heat. Brown the lamb neck pieces on all sides. Remove and set aside.
2. In the same pot, sauté onions, garlic, carrots, and celery until softened.
3. Pour in red wine to deglaze, scraping up the flavorful bits.
4. Add stock, rosemary, and lamb neck pieces. Season with salt and pepper.
5. Cover and simmer for 2.5 – 3 hours until the meat is tender and falling off the bone.
6. Serve with creamy mashed potatoes or crusty bread. Enjoy!

Visit Meat24Vleis to get the freshest lamb neck for this hearty dish.

Enjoy a perfectly crisp pork belly with delicious garlic mashed potatoesIngredients:• 4 large potatoes, peeled and cubed...
03/03/2025

Enjoy a perfectly crisp pork belly with delicious garlic mashed potatoes

Ingredients:
• 4 large potatoes, peeled and cubed
• 4 cloves garlic, minced
• 1/2 cup milk
• 1/4 cup butter
• Salt and pepper to taste
• Fresh parsley for garnish
Instructions:
1. Boil the potatoes in salted water until tender, about 15-20 minutes.
2. Drain the potatoes and return them to the pot.
3. In a small saucepan, heat the milk and butter until melted.
4. Add the garlic to the potatoes and mash until smooth.
5. Gradually add the milk and butter mixture, stirring until well combined.
6. Season with salt and pepper, and garnish with fresh parsley.

Gaan julle bietjie braai die naweek? Wat van ’n chalmar sosatie saam tuisgemaakte mielie tertMIELIETERT RESEP:Bestanddel...
18/02/2025

Gaan julle bietjie braai die naweek? Wat van ’n chalmar sosatie saam tuisgemaakte mielie tert

MIELIETERT RESEP:
Bestanddele:
30g Meel
15ml Bakpoeier
60ml Suiker
4 Eiers(geklits)
1 blik Heelpitmielies
1 blik Suikermielies
60ml Margarien (gesmelt)

Metode:
1. Voorverhit die oond tot 180°C
2. Smeer die bak met margarien
3. Meng al die bestanddele goed saam
4. Giet in die voorbereide bake ʼn bak 1 uur lank of tot gaar
5. Sny in blokke en doen warm/koud op.

Is jy lus vir smaaklike macaroni en maalvleis?Hier is die perfekte resep om jou gesin te beïndruk:BESTANDELE:500g Maalvl...
12/02/2025

Is jy lus vir smaaklike macaroni en maalvleis?

Hier is die perfekte resep om jou gesin te beïndruk:

BESTANDELE:
500g Maalvleis
2 kop Macaroni
3 eetl Tamatiesous
2 eetl Blatjang
1 eetl Aromat
2 eetl Asyn
1 pakkie Uie sop
2 kop gerasperde kaas
2 Eiers

METODE:
1. Kook Macaroni gaar
2. Kook Maalvleis met geurmiddels, tamatiesous, blatjang, aromat en asyn.
3. As amper drooggekook het sit uie sop by
4. Meng macaroni, vleis, eiers en 1 kop kaas

WITSOUS:
1. Smelt 3 eetl botter en roer 3 eetl meelblom hierby in, wanneer glad gemeng, roer 2 kop melk en ½ tlp mosterd daarby en laat kook gaar
2. Meng witsous met vleismengsel, skep in oondskottel en strooi kaas oor en bak by 200°C vir ongeveer 20 min

Geniet ’n gebraaide hoender flattie saam smul-lekker koring slaaiKORINGSLAAI:Meng liggies saam:500g Koring, gekook250ml ...
03/02/2025

Geniet ’n gebraaide hoender flattie saam smul-lekker koring slaai

KORINGSLAAI:
Meng liggies saam:
500g Koring, gekook
250ml Groen rissie
125ml Pietersielie
250ml Uie, fyngekap
250ml Sultanas
500ml Tamatie blokkies

Sous:
12,5ml Kerrie
12,5ml Aangemaakte Mostert
37,5ml Asyn
25ml Suiker
12,5 ml Sout
125ml Mayonnaise

Metode:
1. Meng alles bymekaar en meng tot klam

Kla jou vrou dat julle altyd dieselfde soort vleis braai? Ons het ietsie anders vir jou, waaroor jy nie gaan spyt wees n...
07/01/2025

Kla jou vrou dat julle altyd dieselfde soort vleis braai? Ons het ietsie anders vir jou, waaroor jy nie gaan spyt wees nie! Jou vrou gaan jou byna smeek om dit vir die volgende braai weer te koop! Ons chalmar sosaties kom in verskillende groottes, dis ongeliiflik sag en BAIE smaaklik! Besoek ons slaghuis binne die Engen Garage in Rensburg!

Happy new year! May this year hold lots of success, happiness and joyous moments for you!
01/01/2025

Happy new year! May this year hold lots of success, happiness and joyous moments for you!

Mag julle ’n geseënde kersdag hê, gevul met heerlike voedsel, lekker lag, goeie tye, baie liefde en onvergeetlike oombli...
25/12/2024

Mag julle ’n geseënde kersdag hê, gevul met heerlike voedsel, lekker lag, goeie tye, baie liefde en onvergeetlike oomblikke!

Address

AG Visser Street, Heidelberg
Lesedi
1441

Telephone

+27163412795

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Meat24Vleis posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share